2011-12-11
21h00
Vandag
was ons eerste luilekker vakansie-stemming dag. Dis die eerste keer
op die reis dat ek in die son kon sit sonder 'n hemp. Daar was min
wolke en die lug was vir oulaas dynserig al drie van ons het heerlik
gesit met 'n boek, of musiek, of beide, ek sommer net. Teen hierdie
tempo sal ek 'n ordentlike sonbruin kleur hê teen die einde van die
reis.
Ons
het vanaand vis en skyfies met koolslaai gehad. Die vis was dorado,
in meel gerol en in diep-olie gebak. Die aartappelskyfies was wiggies
wat skil en al in olie gebak is. Daar was selfs 'n warm vis-sous.
Hmmm... Daarna het ons elkeen een bier gedrink om die ete af te
sluit.
Die
bierdrinkery het gebeur as 'n sundowner op die agterdek. Dis
verstommend hoe stylvol 'n mens kan leef meet eenvoudige middele.
Ek
het my eerste sterlesings verwerk. Met die baie wolke eergisteraand
en vanoggend was daar groot konsternasie. Nadat ek die sterlesing
geneem het en die meting probeer verwerk, kom ek agter dat ek nie
Rigel nie, maar Sirius opgemeet het. Die plot is egter toe minder as
2 myl op my eie berekeninge en omtrent 20 myl uit op die GPS. Dis nou
ná die dag van 24 uur se seil en navigasiemetings.
Authored by Johan Zietsman
Last updated on 2012-12-12
No comments:
Post a Comment