25
November 2011
Die
wind het effe bedaar, die see het beduidend bedaar. Dis my eerste
beurt om skottelgoed te was en op te ruim. Ek gebruik maar die
veiligheidsharnas en sit wanneer ek oorboord werk. Mens is nie meer so
rats soos in jou jeug nie. Die skipper dring telkens aan dat ek moet
vasmaak. Ek hoop nie dis 'n “downer” nie, maar 'n opregte omgee
vir sy bemanning. H ymaak nie so met Driekus nie, maar dan ìs
ek die oudste.
Netnou
my eerste sonhoek gemeet met die sekstant. Sal later vandag weer 'n
lesing neem en dan begin berekeninge maak.
My
handskrif is duidelik beter, waarskynlik oor die kalmer see.
Aandete:
Tamatiebredie
400g
blokkies beesvleis
1
blik tamaties
1
koevert tamatiepasta
½
t heel koljander
½
t heel komyn
1
steranys
3
korrels allspice
stukkie
kaneelbas
1
groot ui, gekap
½
soetrissie, gekap
1
klein brandrissie, gekap
2
eetl sojasous
1
eetl maizena
1
pakkie smash
1
blik soetmielies
ryssslaai
met mayonnaise en 1 gekapte ui
1
eetl botter
Metode:
Bak
die droeë speserye in 'n
droeë pan tot dit geurig
word. Verwyder van die stoof en hou eenkant. Gooi 2 eetlepels olie in
die pan en braai die vleis tot bruin. Verwyder die vleis en hou
eenkant om te rus.
Voeg
nou die droeë speserye, gekapte
uie, soetrissie en brandrissie by bietjie olie in die pan en braai
tot die uie deurskyn. Voeg die tamatiepasta en die geblikte tamatie
by. Prut nou die sous tot dit deurgekook is en die geur deurkom.
Voeg
nou eers die vleis by en prut tot alles deurkook. Maak die sous dik
met maizena en skep op.
Jy
kan die smash maak met bietjie botter. Ek het die knoffel vergeet in
die hoofdis, Die manne het hulle vingers af geëet. Die toertjie met
die vleis uithaal en laat rus, werk. Die vleis word sag in die
rustyd.
Vingers
af eet beteken die manne het elkeen twee rondtes geëet. Ek vat lank
om die kos te maak, maar dis in die aanloop. Al die speserye is in
hulle pakkies en dit moet eers oopgemaak en herverpak word .
Maar
dit bly die moeite werd.
Die lewe is te kort oom afskeepkos te eet.
Authored by Johan Zietsman
Last updated on 2012-12-12
Authored by Johan Zietsman
Last updated on 2012-12-12
No comments:
Post a Comment