25
November 2011
Einde
van my middagskof. Die wind het effe afgeneem. Dit waai nou 20 knope
met vlae van 25 knope. Die see is ook platter. Die 5m golwe kom nou
net so elke twee minute. Maar ons lyk steeds soos karakters uit
“Dinner for One”; steier rond soos die arme lyfeiene in die
eenakter.
Ek
het iewers in die nag uitgevind wat beteken genoeg slaap. Jy kan nie
slaap uitmis tussen skofte en dink jy gaan sterk wees nie. Dit vang
jou op subtiele maniere. Jy steier meer rond, dan dra jy maar jou
veiligheidsharnas. Jy maak ook oordeelsfoute omdat jy vergeet jy's
nuut. Dan doen jy simpel goed op eie houtjie instede van om te vra of
te dink.
Soos
rondsteier met 'n skerp mes in die hand.
Gelukkig
is daar engele wat oor ons waak en, in Nataniel se woorde, vir jou vertel as jy droogmaak.
Mens
se emosies raak ook op hol so in die allenigheid op die brug wanneer
jy moeg is. Jy
raak ook gou nukkerig en sommer moerig. Maar die ergste is die spoke
in jou kop. Die spoke wat deur jou ego opgejaag word.
Hierdie
spoke vertel jou jy het aangejaag en die see gaan jou verswelg. 'n
Ander spook fluister in jou oor dat die mense by die huis nie vir jou
omgee nie, hy saai twyfel in jou gemoed. Ook twyfel oor jou toekoms.
Ek
kry die idee dat die groot toets van reise soos hierdie een meer gaan
oor die bou van 'n mens se karakter as oor die fisiese ontbering.
Dis
nogal 'n skuif in perspektief.
Authored by Johan Zietsman
Last updated on 2012-12-12
Authored by Johan Zietsman
Last updated on 2012-12-12
No comments:
Post a Comment