Trek weg uit Kaapstad na vele
wedervaringe. Die boot is laat afgegee, toe is daar 'n gaslek.Gaslek
reg, wat van die pap battery? Battery kort behoorlike laai. Toe 'n
tweede gaslek.Die keer maak ons dit self reg. Maar die dag is daarmee
heen. Dis vieruur. Skipper wil nie die reis begin met 'n nagseil nie,
toe bly ons oor.
22 November 2011
Opstaan, opstaan, dis 'n nuwe dag.
Laaste stort aan wal en 'n vinnige, staande ontbyt, toe is ons reg.
Skipper neem eerste skof tot 12h00, toe
is ek in bevel.
Terwyl Tafelberg agter ons verdwyn kom
groet 'n hele skool walvisse ons.Wat 'n belewenis! Sien ook
Dasseneiland se vuurtoring aan vir die mas van 'n seilboot. Kom toe
wel later agter dis 'n vuurtoring, hy gaan nie uitdraai nie.
En toe is my eerste skof verby. Reguit
bed toe, 21h00 begin my volgende skof.
Dis nag en gedeeltelik bewolk. D ie
wind waai teen 24 knope met vlae van 30 knope. Skipper rol 'n hele
klomp seil op. Toe seil ons nog steeds teen 7.5 knope.
'n Groot vragskip steek ons verby van
agter af. Eers net 'n liggie wat kom en gaan op die horison, toe 'n
stel ligte wat herkenbaar is. Op pad die donkerte in.
Daarna 'n skip wat uitdraai van voor
af. Basiese seemanskap. Of miskien iets te doen met die groot
vragskip langs ons.
En toe is my eerste nagskof ook verby.
In 28 knope wind en 5 meter deinings.
Authored by Johan Zietsman
Authored by Johan Zietsman
No comments:
Post a Comment