2011-12-11
03h00
Ek
het skrywers-blok gekry en toe is Drikus vroeg op. Ons drink toe 'n
koppie tee en gesels vir so 'n halfuur tot sy skof begin. Die wind
was maar steeds wispelturig en het nou heeltemal gaan lê.
Nou ry ons oor die oseaan. Marine-motoriste. Nogal.
Die
kos-eksperimente kom nogal stylvol uit. Dis nie op dronk studente
bachelor-basis geskoei nie.
Hierdie
skof is nogal lekker vir my. Jy sien die son opkom. Maar ek het sleg
geslaap. Miskien het dit iets te doen met die Pro-Vitas wat ek geëet
het op die vorige skof. Die weer het ook verander.
Gisteraan,
6-9 ure gelede, het ek 'n warm top aangetrek as ek buite sit. Die
wind was koel. Nou is dit in die na-nag en ek sit hier met 'n kozzie
en 'n T-hemp. Dis positief warm. Lyk my ek gaan my top ook bêre,
vandag nog.
Dis
asof mesn minder slaap soos die weer warmer word. Behalwe nou die
laaste ses ure. Daar is iets luilekker en “laid back” in die
atmosfeer. Miskien het dit ook iets te doen met die mens se psige.
Dat jy eers behoorlik afwen en begin ontspan na twee weke. Ja, in die
twee weke kom al jou spoke uit en jy kan hulle verjaag.
Ek
en Drikus het 'n interessante gesprek gehad oor fotografie en
komposisie spesifiek. Hy het 'n uitnodiging gerig dat ons 'n
fotografie-uitstappie reël. Dit klink heel belowend. Hy immers 'n
graad waar hy van hierdie goed geleer het.
Ek
sal sy webwerf besoek, asook sy facebook-muur. Klink my hy het heelwat oor fotografie daar,
hy het bruilof-fotos geneem.
Dis
nogal lekker op 'n manier as ons net motor. Dan is daar beduidend
minder minder om voor op te let en mens het meer tyd vir jouself.
Die
maan skyn tans so skalks deur die wolke, genoeg om weereens die hele
see in 'n silwer lig te baai. Daar is so 'n helder silwer ligbaan
tussen die boot en die maan. Die see is plat, die deining so 'n halwe
meter met af en toe 'n groter ene. Daar is byna geen wind nie. Jy sal
smaak die engele het vir jou persoonlik 'n rustige atmosfeer geskep.
Dan geniet ek dit met 'n groot beker sterk rooibostee op die agterdek
en wees net rustig in hierdie oorweldigende rustigheid en kalmte om
my. Die gedreun van die ejin is nie noodwendig afbrekend nie, want
die see se sagte ruis by die romp verby oorheers die poel van klank.
Daar is 'n kokon van stilte om my waarin ek myself kan reinig en
opnuut my eie ek ontdek. Daardie deel wat jy noodwendig diep wegbêre
in die geroesemoes van die stadslewe. Om dit op te diep, af te stof
en poets en te koester, want mens is veilig in hierdie kokon.
Miskien
is dit die ding van 'n lang seereis. Mense wat geld najaag het nie
tyd om op so manier na hulself om te sien nie. En wie besluit hoe ryk
jy is? Sekerlik ekself. Ek was ook daar. Net 'n kort vakansie of 'n
langnaweek, dan is jy terug in die saal, en meer uitgeput as voor die
vakansie. Jou siel ook. Nee wat, dis nie die moeite werd nie.
Geestelike rykdom is veel meer bevredigend en niemand kan dit van jou
wegneem nie. Ek kan dit sien in die skipper se onverstoorbare
gedrag. Die OK-geit straal uit hom uit. En hy hoef nie te jaag nie,
maar kry elke ding op sy tyd gedoen. Die lewe hoef nie 'n gejaag te
wees nie.
Ek
is spyt ek het dit nie lankal begin doen nie. Miskien is dit my
bestemde lewenspad gewees, om eers agter spoke emites, legendes en
lekker stories aan te hardloop, sodat ek kan leer om die nuutgevonde
rykdom te waardeer
Die
wolke is besig om oop te trek. Perdalks kan ek my drie ster-peiling
neem om ons te plot. Dis 'n heel nuew dimensie in die vermoë wat ek
opgebou het en nogal bevredigend. Ek weet bloedweinig van die sterre
af, maar kan hulle hoogtes meet, want die boek vertel waar hulle sit.
Dan stel ek die sekstant vooraf op en siedaar, ek ken nog 'n ster se
naam en weet waar hy sit in die hemelruim. En daar is nie
trigonometriese korreksies nodig nie, behalwe vir my hoogte bo die
see en die instrumentfout, want die sterre is ver genoeg dat parllaks
nie ter sprake is nie. Ek voel nog opgewonde daaroor.
Authored by Johan Zietsman
Last updated on 2013-04-29
Authored by Johan Zietsman
Last updated on 2013-04-29
No comments:
Post a Comment