17 November
Die storie begin eintlik op 7 November: VSA visum:
Vul aanlyn vorm in. Vergeet om alles
klaar te maak. Word teruggestuur deur die ontvangs. Moet nog die
regte foto ook kry.
Sit en klets met mej Cronje (Ek het
haar naam vergeet in die harwar van die oomblik.) Lekker lank
gesels.
Sy is toe op pad Amerika toe om op 'n
golfbaan te gaan werk vir ses maande. Baie gelukkig, tot ek haar
vertel wat ek gaan doen. Dit kom toe uit dat sy 'n waterfiets-lisensie
het. Toe sy uitvind hoe maklik dit is om 'n seiljag-lisensie te kry
was sy nou eers vies.
Ons gaan 'n boot aflewer; 'n 46' (11m) Leopard katamaran, Kaapstad na Tortola in die Britse Maagde-eilande.
Ons gaan 'n boot aflewer; 'n 46' (11m) Leopard katamaran, Kaapstad na Tortola in die Britse Maagde-eilande.
Maar nou bly ons in die waterfront,
Kaapstad nadat alles goed afgeloop het. Die boot is reg, ons kort
watervoorraad en diesel, asook die restant van die kos. Ons wag ook vir
die boot se registrasie- en oorhandigings-dokumentasie. Dis nodig om
te kan uitklaar by doeane en immigrasie. Daarna mag ons vertrek.
Skipper: Renier Grobbelaar, ongeveer 40
jaar oud
1e offisier: Drikus de Wet, 31 jaar
oud
en ek, bemanningslid Zietsman, 57 jaar
oud.
Authored by Johan Zietsman
Authored by Johan Zietsman
No comments:
Post a Comment